Afrikaanse Weergawe

English Version

 
 
 
 
 
   
 
 
     
   
 

Ons menu bestaan uit 8 hoofdisse wat na mekaar voorgesit word. Van alles kan jy soveel eet as wat jy wilof kan! Maar dis glad nie so maklik nie...

1

Mosselsvleis gebraai met uie, handevol knoffel en plaasbotter;
Mossels-in-skulp gestoom in uie en witwyn;

2

Weskus-snoek en soet-soetpatats – Weskus styl;

3

Seekospot met 4 soorte vis, massas kalamari, mossels, en kilogramme skoongemaakte garnaalsterte;
Rys (Vir die wat die sousies wil opvang)
Mengelslaai – (Ons praat nie graag oor slaai nie);
Groentedis met melk en kaas. (Tot Karoo-boere eet van hom.)

4

Volstruisnekpot met rys. (Proe die gesondste vleis in wêreld.);

5

Vangs v/d Dag – met uie en botter/olyfolie. Die sjef sal sê;

6

Weskus Kreef - addisioneel (Vir die wat bestel het. Net as jy homself
uitgehaal het, is hy varser);

7

Kalamari steak – met uie gebak in botter/olyfolie. (Dis hoe hy eintlik moet smaak);

8

Waatlemoen en spanspek; (Gly in jou keel af)

9

Koffie en koeksisters - soet na die sout;


En natuurlik deurentyd potbrood, wat die hele tyd net daar gebak word - met plaasbotter en konfyt. (Pasop vir hom – die lekkerte gaan jou verlei!

Feitlik al die disse word net daar, voor jou, op oop vure voorberei – dit waarborg van-die-rooster-af-vars seekos – soos dit hoort!

Menu is onderhewig aan seisoene en beskikbaarheid.

Ons gebruik slegs seekos produkte wat as "groen" deur SASSI geklasifiseer is.

 
     
     
 
 
 
 
 

® de vette mossel 2007 | web development by telarian web solutions