DATUMS EN TYE
De Vette Mossel is nou heeljaar oop! Skoolvakansies elke dag en in af-seisoen elke Saterdagaand en Sondagmiddag asook enige dag vir funksies.
De Vette Mossel bied twee eetsessies per dag aan:
Middagsessie: |
12:00 – 15:00 |
Aandsessie: |
18:30 – laat |
TARIEWE
R180 |
per volwassene en hoërskoolkinders |
R90 |
vir laerskoolkinders |
R50 |
vir voorskools |
(Kreef is addisioneel teen
R100 per heelkreef)
*Tariewe kan aangepas word
*Ons het ons bes probeer om die jaarlikse prysverhoging
so laag moontlik te hou om te help met die resessie, maar ons
weier om gehalte of hoeveelhede in te boet. Ons jaarlikse verhoging vir volwassenes en hoërskoolkinders van R5 verteenwoordig ‘n verhoging van 2.86% (Die gemiddelde jaarlikse verhoging oor die afgelope 2 jaar is 6.12%) Die tariewe vir laerskool en voorskoolse kinders, asook vir kreef, het ons glad nie vanjaar verhoog nie. Ons was en
bly nog steeds heelwat goedkoper as soortgelyke eetplekke langs
die Weskus, al is ons daarvan oortuig dat ons merkbaar beter
waarde bied om nie eens te praat van “gewone” seekosrestaurante nie.
WEER
Hoewel De Vette Mossel ‘n buitelug-restaurant is, is die
konstruksie daarvan so ontwerp dat binne minute dit so aangepas
kan word dat dit in volle bedryf kan wees in geval van ligte
reën en stormwinde. So byvoorbeeld is al die sitplekke
vir gaste onder seilafdakke.
BESPREEK
Bespreking is noodsaaklik. Eerstens om u teleurselling
te spaar en tweedens om ons in staat te stel om betyds ons beplanning
te kan doen. Skakel asb 079 339 0170 of stuur ‘n
SMS.
Let asb daarop dat ons geen kredietkaart-fasiliteite het nie – ons
is op die strand.
|