Afrikaanse Weergawe

English Version

 
 
 
 
 
   
 
 
     
   
 

HUWELIKE EN -ONTHALE

Trou op die strand? Dit hoef nie ‘n droom te bly nie! Gesels gerus met ons om jou troue waarlik onvergeetlik te maak – jy is dit werd!

Hoekom De Vette Mossel:
· Waarskynlik die heel beste venue vir strandtroues in SA;
· Voortreflike menu @ onverbeterlike pryse;
· GEEN addisionele koste vir venue;
· Trou op die strand self of op ons troudek – was ons nader aan die strand, het die
· branders jou natgespat;
· Perfekte uitsig op see en gebruik van afgesonderde strand.

Kontak gerus vir Nikki, ons huweliks-beplanner, by tel. 072 6302 551 of devettemossel@gmail.com vir meer inligting en ook om addisioneel die volgende vir jou te reël:
· Oesters, aarbeie & sjampagne op die strand;
· Blomme & versiering;
· Akkommodasie & vervoer;
· Troukoeke & fotograwe;
· Dansbaan & musiek;
· Of enigiets anders wat jou hart begeer!

FUNKSIES
De Vette Mossel leen hom uitstekend tot werksfunkies, jaareindfunksies, verjaarsdagvieringe en ander waar kollegas en vriende in ‘n ontspanne en informele atmosfeer gesellig saam kan verkeer.

WEER
Hoewel De Vette Mossel ‘n buitelug-restaurant is, is die konstruksie daarvan so ontwerp dat binne minute dit so aangepas kan word dat dit in volle bedryf kan wees in geval van ligte reën en stormwinde. So byvoorbeeld is al die sitplekke vir gaste onder seilafdakke.

Kontak ons gerus vir algemene navrae (NIE besprekings) by devettemossel@gmail.com en vir Niël by niel@grapevinecommunication.co.za.
(Let asb daarop dat hierdie e-posse in seisoentyd nie voltyds beman word nie.)

 
     
     
     
   
     
     
   
     
 
 
 
 

® de vette mossel 2007 | web development by telarian web solutions