| |
Ons by De Vette Mossel poog om veel meer te bied
as bloot ‘n ete – dit is ‘n ervaring, in ongewone
en informele omstandighede, waar jy saam met vriende (oues en
nuutgevondes) gesellig saam verkeer, waar niemand jou aanjaag
nie en waar jy soveel seekos eet as waarvoor jy lus is – net
soos ons langs die Weskus maak…
Die uitstekende voorbereiding
van goeie gehalte seekos, in oorvloed, en waarde
vir geld, is
ons erns.
Die disse word die een na die ander voorgesit. Ons streef
daarna om seekos perfek gaar te maak, en dit onmiddellik daarna
voor
te sit. Dit waarborg vars-vars voorbereide disse – ‘n
absolute moet vir voortreflike seekos.
SKINK ‘N WYNTJIE
Met aankoms gee ons ‘n gratis glas wyn. Pak gerus vir jou ‘n
koelhouer (onthou ook glase en veral ys) om van jou eie wyn te
kan skink terwyl jy oor die see tuur. Ons vra geen kurkfooie
nie en dit maak jou ete besonder bekostigbaar. Werk dit self
uit.
MENU
Die disse word een na die ander voorgesit. Wees rustig, ontspan – ons
eet amper drie uur lank. En onthou, niks raak ooit op
nie – die
ergste wat kan gebeur is dat nog oppad is!
Alle kos wat oorbly (en daar is gewoonlik baie) word aan behoeftige
gesinne in die omgewing uitgedeel. Hier mors ons niks nie.
|
|